Monday, June 11, 2018

n Nuwe begin

Nuwe begin...

Soms klink dit asof mens nooit dit sal kan doen nie. Om oor te kan begin.. Mens het lief.. Mens het besittings, familie, vriende. Om net oor te begin is nie so maklik nie.

Wat vat jy en wat los jy.. Wie hou jy naby en wie stoot jy weg..? Kan jy die doen.. Jou rug draai op die wat jou afkraak... ? Partykeer is dit juis hulle wie mens so lief het wat jou so afkraak of seermaak..

Wanneer is genoeg.. Genoeg.? Dink daar is tye wat jy moet net besluit om na jouself te kyk.. Op te staan vir jouself... Jou geluk bo die ander te plaas.. Jou bietjie eerste te sit.

Mens probeer altyd almal om jou gelukkig hou. Almal tevrede stel en sit jou gevoelens en benodighede laaste. Dis maar n mens se instink.. Veral as jy lief is vir hulle.. Soms moet mens net aangaan.. Kan nie n dooie plant water gee en dink hy gaan groei nie. Net omdat jy baklei om die esel na die watergat te kry, beteken nie hy gaan drink nie.  Verby is verby... Genoeg is genoeg... Klaar nou...

Die pad na sukses en geluk se hulle is n baie eensame pad... Ek glo dit... Maar ek weet ook dis nie n maklike pad nie.. Niks is maklik in die lewe nie..

Gooi weg daai dooie blare, die vrot appels.. Vergeet van die lasste oap aartappel in die sak..  En begin oor..

Wees lief en laat toe om gelief te word.  Gee als.. Moenie terug hou nie..
Vertrou en wees getrou.. Lag, hard en diep uit jou maag... Kyk elke dag op en besef die lewe is wat jy davan maak.  Loop n draai, ruik die blomme.. Loop op nat gras met jou kaalvoete en staan in die reen. .

Leef nie net nie.. Beleef die lewe.. Elke dag is n seen en maak nie saak wat nie.. Die son sal opkom more..



No comments:

Post a Comment