Monday, August 27, 2018

HKGK

Depressie....

N woord wat soveel gebruik word.. Depressie lyers... Altyd gedink dis mense wat net op n maniet aandag soek.. Mense wat swak is.. Nie besluite kan maak of net kan opstaan en se dis nou genoeg nie..

Het n nuwe woord geleer.. " depressie vegters" .. Wow..
Dis presies wat die is.. Depressie n siekte en jy moet soos met alle siektes teen dit veg..
Die siekte kan jy nie net sien nie.. Mense wat teen kanker veg kan jy sien.. Hulle hare val uit van behandeling.. Hulle verloor gewig ens ens... Maar depressie vegters loop tussen die gewone mense rond en daar is geen teken dat hulle n siekte het nie.. Soms lyk hulle meer gelukkig as enige iemand anders..
Niemand sal weet wat dit is om teen depressie te veg tensy jy self dit doen nie.. Swak is sulke mense nie.. Dis n helse ding.. Mense wat dink aan self dood... En die feit dat hulle kan deurgaan daarmee..
Is watse toestand moet n mens wees om jou eie lewe te neem... Hoe ver moet jy val... Hoe hard moet jy val.. Hoe staan jy op..
Seker die moeilikste is dat daar mense is wat dit teen jou hou.. Jiu eintlik spot oor dit.. Jou laat voel hulle is beter en jys n swakeling...
Depressie is nie iets wat net kom en gaan soos griep nie.. Jy kan dit jare he en nie eers weet nie.. Jy kan jare leef en dan net skielik beinvloed dit als wat jy doen.. Wat jy mee leef... Hoe jy leef   jou werk.. Jou verhoudings... Als van jou..
Goeie nuus is dit kan ook oorwin word.. Nie net met n pilletjie nie maar met berading.. Liefde en geloof..
Hoe begin jy baklei teen iets wat jy nie kan sien nie.. Hoe baklei jy teen iets wat binne jou is en tot die wil van baklei teen die siekte kan beinvloed.. Jou gesondheid.. Jou daaglikse lewe.. Jou dag tot dag bestaan.. Die wil om op te staan.. Die wil om voort te bestaan..  Hoe baklei mens teen jouself.. Teen jou eie mens wees?
Wens ek het geweet....

Wednesday, June 13, 2018

Suid Afrika.... HKGK

Ons land Suid Afrika...


Wat de fok gaan aan...
Mense, mense, mense... Waar gaan die land heen. Stakings.. Toi-toi.... Onluste... Plaas moorde...Grond onteinings...

Waar het jy al gehoor dat mense word in n bus aangery na n dorp om dit te loop plunder... Letterlik in n bus.. So eendag het daar n man wakker geword en gese ek gaan n klomp van my maaitjies kry en ons gaan more in n bus klim en Riebeeck Wes gaan opbogger.. Hulle bly nie eers daar nie.. Die hele dorp in sy moer gemaak en hulle is daar weg... 21 van die fokkers is toegesluit... Gaan hulle gestraf word? Ek twyfel.. Wat de hel gaan hier aan..

Mense kry huise by die staat. Hulle wag te lank vir die krag om aangesluit te word oor hulle intrek voor die huis regtig klaar is. Nou is hulle so moerig hulle brand hulle eie huis af want daar is nie krag nie.. Net more reen die dan steek hulle weer die hele pad aan die brand oor hulle nie n huis het nie.. Jy het t een gehad jou dom sot, jyt dit net self afgebrand oor jy net nooit sal tevrede wees nie. Wat gaan aan hier.....?

Werknemers staak onwettig vir nog geld... Onwettig bly hulle uit die werk en eis n verhooging van X bedrag.. N 7a 2 weke se onderhandelings kry hulle dit... Die werkgewers trek wettiglik die 2 weke se geld af oor die mense gestaak het... Raai wat.. Die selfde fokkers staak nou oor die geld afgetrek was... Ek weet nie maar dit lyk my die meeste mense het hulle "common sence" verloor.. Hoe vra ou Kallie Knoetse... Hou bou jy n nasie..

Plaas moorde, grond onteinings.. Mense kan niemand die erens van die saak sien nie.. Kan die regeering nie verstaan die nagevolge van dit nie.. Die buite land sit en wonder wat aan gaan met ons regeering.. Rassisme is oud.. Dis n get out of jail free kaart .. As hulle kak aanjaag en aangespreek word of gearesteer word dan was een of ander wit ou n rassis en dan word hulle vrygespreek...
Die skelms breek in by jou huis.. Hyt n vuurwapen en jy.. Skiet jy hom raak en hy vrek dan word jy aangekla vir moord.. Skiet hy jou, dan is dit net nog n statistiek.. Meer boere is al doodgemaak in Suid Afrika sedert 1994 as wat daar swart mense doodgemaak is in die hele era van apartheid.. Maar ons is die rasiste.. Ons is die mense wat hulle te na kom..
Daar word nie verstaan dat as jy n bier diod maak dat dit gaan lei tot minder koring of mielies vir dai wit pap wat hulle so vreet om aan die lewe te bly.. Daar gaan nie meer koring wees om brood te maak nie.. Daar gaan nie njama wees nie.. En fokoli meleki..

Tog hou dit aan.. Ons land gaan nou aan hulle gegee word sodat hulle kan boer.. Jy kani uit die kombuis uitloop en dink jy gaan iets kan groei nie.. Die mentaliteit van die gaan my verby.. Om te boer word geleer by jou voorvaders.. Jou pa.. Jou oupa . Daar leer jy... Nie deur om n  stuk grond te kry en te hoop en bid dit groei nie.. Mense julle gaan vrek van die honger..

My siening is duidelik.. Net soos met die sport se kwota spelers.. Sit die beste soan op die veld.. As die swart spelers beter is sit hom in.. Maar moet hom nie insit oor gy swart is nie.. Ons gaan op ons moer kry en dan word die afrigter weg gejaag want hull dink hys kak..  Ok Allister was kak maar seker hy kon darm een game meer gewen het as hy die beste spelers kon kies..

Ek weet nie waar die land oppad is nie. Ek verstaan die mense wat net oppak en gaan na Australia of Engeland.. Fok tot Afganistan klink na n beter opsie... Maar nie almal kan of wil weg gaan nie..
Ek hou van my huis hier... Ek is lief vir my boerboel en ek is mal oor boerewors en biltong.. Ek wil hout gaan haal in my bakkie sodat ek elke naweek kan braai, brandewyn drink terwyl die bokke speel.  Braaibroodjies eet en potjiekos maak elke sondag.. Terwyl ek en my vrou en kinders veilig is..

Wat gaan ons doen Suid Afrika... Hoe gaan ons jou red... Hoe gaan ons vir ons red.. Hoe lank voor die eindig.. Gaan dit?

Ons vir jou... SUID AFRIKA. 

Monday, June 11, 2018

n Nuwe begin

Nuwe begin...

Soms klink dit asof mens nooit dit sal kan doen nie. Om oor te kan begin.. Mens het lief.. Mens het besittings, familie, vriende. Om net oor te begin is nie so maklik nie.

Wat vat jy en wat los jy.. Wie hou jy naby en wie stoot jy weg..? Kan jy die doen.. Jou rug draai op die wat jou afkraak... ? Partykeer is dit juis hulle wie mens so lief het wat jou so afkraak of seermaak..

Wanneer is genoeg.. Genoeg.? Dink daar is tye wat jy moet net besluit om na jouself te kyk.. Op te staan vir jouself... Jou geluk bo die ander te plaas.. Jou bietjie eerste te sit.

Mens probeer altyd almal om jou gelukkig hou. Almal tevrede stel en sit jou gevoelens en benodighede laaste. Dis maar n mens se instink.. Veral as jy lief is vir hulle.. Soms moet mens net aangaan.. Kan nie n dooie plant water gee en dink hy gaan groei nie. Net omdat jy baklei om die esel na die watergat te kry, beteken nie hy gaan drink nie.  Verby is verby... Genoeg is genoeg... Klaar nou...

Die pad na sukses en geluk se hulle is n baie eensame pad... Ek glo dit... Maar ek weet ook dis nie n maklike pad nie.. Niks is maklik in die lewe nie..

Gooi weg daai dooie blare, die vrot appels.. Vergeet van die lasste oap aartappel in die sak..  En begin oor..

Wees lief en laat toe om gelief te word.  Gee als.. Moenie terug hou nie..
Vertrou en wees getrou.. Lag, hard en diep uit jou maag... Kyk elke dag op en besef die lewe is wat jy davan maak.  Loop n draai, ruik die blomme.. Loop op nat gras met jou kaalvoete en staan in die reen. .

Leef nie net nie.. Beleef die lewe.. Elke dag is n seen en maak nie saak wat nie.. Die son sal opkom more..



Tuesday, June 5, 2018

Remember when...

Remenber when ...

Remember when i was young and so were you
And time stood still...
You were my first crush,
We lived and learned, life thew us curves
There was joy, there was hurt
Remember when...

And life was changed, disassembled, rearranged
Gave our hearts, made the start, it was hard
We made love an then you cried,
Remember when we vowed the vows and walked the walk

Remember when old ones died and new were born
We came together, we fell apart
And broke each others hearts

Bring back our love, we will find trust
Vowed to never give up
Remember when time stood still


Tuesday, May 22, 2018

Alleen...

Alleen..

Heldernis die dag daar buite, die son wat in die blou hemel weg smelt,
Die windjie waai sag, n dag wat niks anders as perfek beskryf kan word nie,
Loop in die strate, wat wemel met mens, soos miere wat soek na kos in die veld,
Tussen mense maar steeds alleen...

Die dag staan op n einde, die son word vervang met n helder maan,
Die ligte kom aan, die dorp helder op en die nag lewe begin in volle vaart,
Almal beweeg na hulle verkose watergate, diep in die verligte laan,
Tussen mense maar steeds alleen...

Die klanke van mense, laggend en singend trek deur die nag,
Hoe laer die maan hoe sagter word die gedruis van mense stemme,
Almal beweeg nou huiswaarts, die baljaar is verby en is ook die einde van dir gelag,
Tussen mense maar steeds alleen...

Voetstappe is al wat gehoor word, nou oppad na die huis,
Die pad is nat, die huis is ver en die kou trek deur enige jas, 
Al langs die padjie, nou stil net die wind wat saggies suis,
Niks meer mense en steeds alleen...

Voor n bekende deur, die sleutel wat net ek het in my sak,
Dag was lank, nag was langer en tyd om te rus le voor,
In die kombuis met die yskas oop, al wat vir my kyk is een half lee bak,
Niks meer mense maar steeds alleen...

Voor my is n ysige bed, met komberse en n kussing wat wag vir my,
Om vinnig in te klim gaan nie help nie, die koue agtervolg jou in n japtrap,
Maak toe my oe en hoor net die wind wat deur die bome sny,
Niks meer mense ... Alleen, steeds alleen..

Monday, May 21, 2018

As die reen val in die Kaap..

As die reen val in die Kaap...

Droogte sover jy kan sien..
Swaarkry staan by almal se voordeur en wag..
Dorre grond .. Droe riviere.. Damme van gekraakte grond..
Sonder reen is dit nag...

Beloofde reen waai verby...
Wolke bou op maar dis nie vir die Kaap beskore..
Dis so naby jy kan dit ruik.. Tot die diere kyk al op na die hemele..
Sonder reen is alles verlore...

Drup... Drup... Drup... Val die water..
Grond so hard gebak van die maande lange son en hitte..
Water vloei oor die harde grond.. Die damme wag is spanning...
Kom water kom.. Reguit na die water putte..

So vinnig so dit gekom het.. Is dit nou verby..
Die wolke.. Wind en reen.. Die kosbare reen is val nie meer...
Water loop die strate af.. Grond lyk nat.. Maar is dit genoeg..
Water spaar is op die tafel weer..

Nog reen moet kom.. Die droe land is dors..
Niemand en niks  kan nou n druppel mee mors..
Ons bid o Heer vir U genade en seen...
Asb ons Vader laat dit net nog n bietjie reen..






Thursday, May 17, 2018

Ons nuwe pour by pour.... HKGK

Ou storie maar ek lag steeds....

Dit is die eerste dag van skool.. En Juffrou gee almal n beurt om hulle vakansie stories te vertel. Nou Jannie het n spraak probleem. Hy kan nie F,V of W se nie en dus skip Juffrou hom elke slag. Ou Jannie roep kort kort.... "Jupprou.. Juprrou! My beurt" e En einde laaste gee Juffrou toe maar vir Jannie n kans..

Hy staan voor die klas en begin sy storie. "Jupprou, hier die pakansie was die beste pakansie ooit! Net poor die pakansie koop my pa vir hom n spinterniepe Nissan Sapari pour by pour.. Jupprou hys n pull house, aircon, lee, kragstuurben n groot spaarpiel agter op.. Ons ry toe op pakansie met die niepe pour by pour, my pa was bietie lus vir pispang.. Oppad na die pispang plek, sien ons n kapper met n piets met n pap piel. En my pa lag pir hom.. Nie lank daarna toe kry ons ook n pap piel.

My pa pas glad nie happy nie.. Na n preeslike gesukkel en geploek is ons peer op die pad gepees. Jupprou net so voor poester seil ons oppad die pad so pyptig... Pyp en pyptig toe daar skielik n plakpark met haar pier klein plakparkies poor ons oor die pad. My pa skrik so groot hy ruk aan die stuurpiel en perloor beheer. Jupprou toe gaan dit darm poes in daai bakkie..

Selpone plieg by die pensters uit.. Toe rol ons die pour by pour.. En daar le ons in die pelt, met al pier piele in die lug! En die hele pereld pol pisstokke!

Nou ja passop pir dai plakparke ....