Tuesday, May 22, 2018

Alleen...

Alleen..

Heldernis die dag daar buite, die son wat in die blou hemel weg smelt,
Die windjie waai sag, n dag wat niks anders as perfek beskryf kan word nie,
Loop in die strate, wat wemel met mens, soos miere wat soek na kos in die veld,
Tussen mense maar steeds alleen...

Die dag staan op n einde, die son word vervang met n helder maan,
Die ligte kom aan, die dorp helder op en die nag lewe begin in volle vaart,
Almal beweeg na hulle verkose watergate, diep in die verligte laan,
Tussen mense maar steeds alleen...

Die klanke van mense, laggend en singend trek deur die nag,
Hoe laer die maan hoe sagter word die gedruis van mense stemme,
Almal beweeg nou huiswaarts, die baljaar is verby en is ook die einde van dir gelag,
Tussen mense maar steeds alleen...

Voetstappe is al wat gehoor word, nou oppad na die huis,
Die pad is nat, die huis is ver en die kou trek deur enige jas, 
Al langs die padjie, nou stil net die wind wat saggies suis,
Niks meer mense en steeds alleen...

Voor n bekende deur, die sleutel wat net ek het in my sak,
Dag was lank, nag was langer en tyd om te rus le voor,
In die kombuis met die yskas oop, al wat vir my kyk is een half lee bak,
Niks meer mense maar steeds alleen...

Voor my is n ysige bed, met komberse en n kussing wat wag vir my,
Om vinnig in te klim gaan nie help nie, die koue agtervolg jou in n japtrap,
Maak toe my oe en hoor net die wind wat deur die bome sny,
Niks meer mense ... Alleen, steeds alleen..

No comments:

Post a Comment