Lewens lesse van onse moeders....
Ons moeders het ons n klomp dinge geleer in ons lewens.. Maak nou nie saak wie jy is nie jou ma het jou iets geleer.. Al was dit net om pap te maak... Van kleins af het jy gedink jou ma het "super powers" jy dink nog jy wil kak aanvang dan skreeu sy hier uit n ander kamer.... " los uit... Ek watch jou..." Ek seker almal het al so deur geloop... Jy het altyd gewonder hoe weet sy als.. Maar as jy nou vandaf waar jy ouer is terug dink, dan besef jy dis eintlik goeie lewens lesse wat sy jou geleer het wat die belangrikste is, en wat jou aan die lewe gehou het..
Ma het ons geleer van geloof:
" .. Jy beter hoop en bid die kol kom uit ander is daar ....."
Ma het ons geleer van stamina:
" jy sal daar sit tot jy als opgeeet het...."
Ma het ons geleer van logika:
" want ek se so, dis hoekom...."
Ma het ons geleer van die medies:
" as jy aanhou jou gesig so trek gaan dit so bly.. Hou op! "
Ma's is regtig slim.. Net as jy dink dis al dan gaan dit aan........
Moeders het ons geleer om altyd te dink aan die toekoms:
Trek heel panties aan jy weet nooit waneer jy in n ongeluk kom nie dan le jy in die hospitaal met n stukkende panty"
Moeders het ons geleer van ironie:
As jy aanhou huil sal ek jou iets gee om oor te huil... "
Moeders het ons geleer van humor:
" as die grassnyer jou vinger afkap gaan jy nie na my kom vinger wys nie, ek het jou gewaarsku... "
Moeders het ons geleer van "time travel" :
" as jy nie nou jou kak los nie slaan ek jou tot binne volgende week in..."
Moeders het ons geleer van afwagting:
" wag net tot jou pa by die huis kom..."
En die beste les wat onse moeder ons kon leer is die van geregtigheid:
" eendag gaan jou kinders ook so met jou wees... Dan sal jy voel hoe dit is om so behandel te word..."
Moeders wat sal ons sonder hulle wyse woorde en lewens lesse maak...
HKGK
No comments:
Post a Comment