Brief aan my seun..
Een van die mooiste dae in enige man se lewe is die geboorte dag van sy seun.. Dis een van daai dae wat jy n sigaar opsteek, n 21 jaar oue bottel whiskey oopmaak, oupa se oudste bottel wyn uithaal en met n paar goeie maat te gaan sit en vertel van die sterk seun se toekoms.. Jy weet sommer wat hy gaan wees eendag as hy groot is. Natuurlik net die beste vir hom... Hyt nog nie eers n doek aan nie dat word die rugbybal al vir hom gegee om vas te hou.. Fotos geneem... Gestuur aan familie en vriende wat jy in jare nie meer gesels het nie.. Net om almal te se... My seun is vandag gebore...
Aan my seun
Baie jare is al verby.. Klein en weerloos is jy lankal nie meer nie.. Van daai klein bonneltjie het jy gegroei.. Ampet so groot soos ek al. Vir jou was die wereld belowe toe jy gebore was, net die beste. Daai wereld het so verander van daai eerste dag wat ek jou kon vashou. Baie het so verander. My liefde en trots vir jou het nooit. Meer as daai eerste dag het ek jou lief, al was ek nie daar altyd nie.. Besef die keuse was nie altyd myne.. Maar elke dag is jy in my gedagtes en elke dag bid ek vir jou, vir jou my seun dat jy eendag n beter man sal wees as jou pa.. Harder sal baklei as wat ek seker gedoen het en groter tree te gee na wat jy so graag wil he.
Die mooiste woorde is om te hoor " love you pappa" en die swaarste is om te groet en te hoor " i miss you". Elke sekonde saam met jou is so kosbaar.
My naam dra jy ook, nes ek jou oupa en hy sy pa sin.. Wees trots op dit, ons is op jou. Elke man van die familie kyk na jou en is trots op hoe mooi jy geword het.
Dinge gaan nie altyd maklik wees nie, jy gaan besluite moet neem eendag, keuses moet maak. Weet ek is daar vir jou, soveel ek kan wees.. Wees die man wat ek nie kon.. Lief met jou hele hart... Gee om met als wat jy van gemaak is... Baklei vir wat jy in glo... Deel jou onverdeelde liefde.... En laat toe dat jy ook so gelieft word... Byt vas... Hou aan... Werk hard...moet nooit opgee op jou drome... Vertrou.... En glo in ons Vader daar bo... Wees vriendelik... Moenie neer kyk op ander... Gee om vir die wat nie het nie... Wees dankbaar vir wat jy het en moet nooit vergeet van waar jy verdaan kom nie.. Moet nooit vergeet wat sommige moes opgee om vir jou hier te kom he nie, veilig te kom wees nie en besorg kon word nie.. Besef jy is nie beter as ander, jy bepaal jou eie toekoms, werk vir dit.. Moet nie opgee, moet nooit dat iemand se jy kan nie.. Jou van is n bewys dat jy kan... Jy kan als doen moet net nie ophou werk daaraan nie.
Nie rugby, of spiere of jou grote maak jou n man nie.. Jou hart is wat jou n man maak.. Gee om en wees nederig.. Jy is jou eie mens.. Bou aan jou en kies regte mense om jou te help.
Jou pa is die trotste mens in die wereld en is geeerd om te kan se jys my seun.. My liefde vir jou sal altyd daar wees.. Ek sal altyd daar wees, miskien nie in vlees maar diep in jou hart..
Lief jou met my hele hart....
Jou Pa..
Pa en dogter .. Pa en seun.. Die band sal altyd daar wees.
Sommige dae vergeet n mens nooit nie. Sommige mense.. Familie of nie.. Vergeet n mens nooit.. Dit wat gedoen is en wat hulle moes deurgaan om jou n goeie lewe te gee..
Wees lief vir mekaar.. Asof dit die laaste dag is.. Werk asof dit die laaste dag is.. Moet nooit ophou nie.. Maak nie saak wat jy teen moet staan nie.. Byt vas.. Druk deur... Hou aan lief he...
No comments:
Post a Comment