My mense het my mooi geleer... Ware liefde kry jy net in die movies... Tom loop verby n kafee en sien Saartjie by n tafel sit... Hy loop en en se vir haar... " hey baby... Kom ons date... Jys hot.." en Saartjie se aan hom " ok dit kwaai... Waar gaan ons..." Kak Tom.... Dit werk nie so nie.. In vandag se lewe sal Saartjie jou bliksem en as jy regtig hans was jou sommer gaan aangee by die polisie vir sexual harassment ...
Ander dag loop ek agter n paartjie uit PNP. Hulle loop hand aan hand... Lag en gesels.. Nog jonk... Ek dog toe hulle is regtig lief vir mekaar.. My woorde was skaars koud toe loop daar n lang man verby die paartjie en dai girl se kop draai amper af soos sy die ou agter na kyk... Is dit steeds ware liefde...?
Rustig gaan mens uit saam met jou beter helfde en selfs daar le ander mans aan by jou vrou... Pragtig is sy en trots is ek.. So dis n kompliment as ander mans dink jou vrou is mooi... Maar wat is dit as jou vrou dink ander mans is hot?
Is dit reg om rond te kyk.. Kyk al die akteurs in Amerika... Hulle almal het sulke mooi vrouens... Maar helfde van hulle loop rond... Dink die gras is groener aan die ander kant... Die gras is groener aan die ander kant... Dis van al die kak van dai ander vrou wat dai gras so groen is.. Jou gras is nie groen nie want jy gee dit nie water nie.. Doen moeite FFS... Niks kom verniet .. Jy moet werk daarvoor..
- Sulke mense weet mos nie wat is ware liefde nie.. Sulke mense moet nie eers nog n kans kry nie.. Waar kan mens nog gaan met jou vrou... Meisie sonder dat n ander man of vrou nie jou ander helfde wil spyker nie.. Is dit ware liefde....? Ek weet nie... Maar wat is ware liefde dan... Bestaan dit.. Is daar regtig mense wat dit het en beleef...
Ek se julle wat ek dink ware liefde is.... Ware liefde is ouma en oupa wat loop in die winkel en nog hande vashou... Dis man en vrou wat saam bid voor n ete maak nie saak waar jy is nie... Dis n paartjie wat by n plek inloop en heel aand saam kuier en as hulle daar wegloop net vir mekaar nog oe het en almal wat daar saam hulle was weet en kon sien dat hulle mekaar lief het... Ware liefde is daai hand op die been in die kar... Die vryf van die hare die ligte tikkie op haar gat as sy verby jou loop. . Die soen op die voorkop ek byt op die lip... Ware liefde is as jy na n lang dag by die huis kom en mamma staan in die kombuis jy nog na haar kan loop en haar op haar gat slaan en se... " die is my ass"
Vir almal is ware liefde seker iets anders.. Betekennis as ook hoe dit gewys word.. Al wat ek weet as jy dit het... Hou dit vas... Hou dit styf was... Moet nooit jou man lis of honger die huis laat verlaat nie... Want iewers da buite is daar n slet met n braaibroodjie..
Groetnis
Wow! Diep, ware, Wyse woorde daar gesê! Voel soos Dejavu....Ware liefde is wederheidse liefde en daagliks kos vir mekaar se sielle. As jy iemand so spesiaal in hom of haar lewe het pas dit op. Ware opregte lewe kruis jou pad eenkeer in jou lewe en dis kosbaar, koester elke oomblik. Beste gevoel in die wêreld.
ReplyDelete