Monday, August 27, 2018

HKGK

Depressie....

N woord wat soveel gebruik word.. Depressie lyers... Altyd gedink dis mense wat net op n maniet aandag soek.. Mense wat swak is.. Nie besluite kan maak of net kan opstaan en se dis nou genoeg nie..

Het n nuwe woord geleer.. " depressie vegters" .. Wow..
Dis presies wat die is.. Depressie n siekte en jy moet soos met alle siektes teen dit veg..
Die siekte kan jy nie net sien nie.. Mense wat teen kanker veg kan jy sien.. Hulle hare val uit van behandeling.. Hulle verloor gewig ens ens... Maar depressie vegters loop tussen die gewone mense rond en daar is geen teken dat hulle n siekte het nie.. Soms lyk hulle meer gelukkig as enige iemand anders..
Niemand sal weet wat dit is om teen depressie te veg tensy jy self dit doen nie.. Swak is sulke mense nie.. Dis n helse ding.. Mense wat dink aan self dood... En die feit dat hulle kan deurgaan daarmee..
Is watse toestand moet n mens wees om jou eie lewe te neem... Hoe ver moet jy val... Hoe hard moet jy val.. Hoe staan jy op..
Seker die moeilikste is dat daar mense is wat dit teen jou hou.. Jiu eintlik spot oor dit.. Jou laat voel hulle is beter en jys n swakeling...
Depressie is nie iets wat net kom en gaan soos griep nie.. Jy kan dit jare he en nie eers weet nie.. Jy kan jare leef en dan net skielik beinvloed dit als wat jy doen.. Wat jy mee leef... Hoe jy leef   jou werk.. Jou verhoudings... Als van jou..
Goeie nuus is dit kan ook oorwin word.. Nie net met n pilletjie nie maar met berading.. Liefde en geloof..
Hoe begin jy baklei teen iets wat jy nie kan sien nie.. Hoe baklei jy teen iets wat binne jou is en tot die wil van baklei teen die siekte kan beinvloed.. Jou gesondheid.. Jou daaglikse lewe.. Jou dag tot dag bestaan.. Die wil om op te staan.. Die wil om voort te bestaan..  Hoe baklei mens teen jouself.. Teen jou eie mens wees?
Wens ek het geweet....

Wednesday, June 13, 2018

Suid Afrika.... HKGK

Ons land Suid Afrika...


Wat de fok gaan aan...
Mense, mense, mense... Waar gaan die land heen. Stakings.. Toi-toi.... Onluste... Plaas moorde...Grond onteinings...

Waar het jy al gehoor dat mense word in n bus aangery na n dorp om dit te loop plunder... Letterlik in n bus.. So eendag het daar n man wakker geword en gese ek gaan n klomp van my maaitjies kry en ons gaan more in n bus klim en Riebeeck Wes gaan opbogger.. Hulle bly nie eers daar nie.. Die hele dorp in sy moer gemaak en hulle is daar weg... 21 van die fokkers is toegesluit... Gaan hulle gestraf word? Ek twyfel.. Wat de hel gaan hier aan..

Mense kry huise by die staat. Hulle wag te lank vir die krag om aangesluit te word oor hulle intrek voor die huis regtig klaar is. Nou is hulle so moerig hulle brand hulle eie huis af want daar is nie krag nie.. Net more reen die dan steek hulle weer die hele pad aan die brand oor hulle nie n huis het nie.. Jy het t een gehad jou dom sot, jyt dit net self afgebrand oor jy net nooit sal tevrede wees nie. Wat gaan aan hier.....?

Werknemers staak onwettig vir nog geld... Onwettig bly hulle uit die werk en eis n verhooging van X bedrag.. N 7a 2 weke se onderhandelings kry hulle dit... Die werkgewers trek wettiglik die 2 weke se geld af oor die mense gestaak het... Raai wat.. Die selfde fokkers staak nou oor die geld afgetrek was... Ek weet nie maar dit lyk my die meeste mense het hulle "common sence" verloor.. Hoe vra ou Kallie Knoetse... Hou bou jy n nasie..

Plaas moorde, grond onteinings.. Mense kan niemand die erens van die saak sien nie.. Kan die regeering nie verstaan die nagevolge van dit nie.. Die buite land sit en wonder wat aan gaan met ons regeering.. Rassisme is oud.. Dis n get out of jail free kaart .. As hulle kak aanjaag en aangespreek word of gearesteer word dan was een of ander wit ou n rassis en dan word hulle vrygespreek...
Die skelms breek in by jou huis.. Hyt n vuurwapen en jy.. Skiet jy hom raak en hy vrek dan word jy aangekla vir moord.. Skiet hy jou, dan is dit net nog n statistiek.. Meer boere is al doodgemaak in Suid Afrika sedert 1994 as wat daar swart mense doodgemaak is in die hele era van apartheid.. Maar ons is die rasiste.. Ons is die mense wat hulle te na kom..
Daar word nie verstaan dat as jy n bier diod maak dat dit gaan lei tot minder koring of mielies vir dai wit pap wat hulle so vreet om aan die lewe te bly.. Daar gaan nie meer koring wees om brood te maak nie.. Daar gaan nie njama wees nie.. En fokoli meleki..

Tog hou dit aan.. Ons land gaan nou aan hulle gegee word sodat hulle kan boer.. Jy kani uit die kombuis uitloop en dink jy gaan iets kan groei nie.. Die mentaliteit van die gaan my verby.. Om te boer word geleer by jou voorvaders.. Jou pa.. Jou oupa . Daar leer jy... Nie deur om n  stuk grond te kry en te hoop en bid dit groei nie.. Mense julle gaan vrek van die honger..

My siening is duidelik.. Net soos met die sport se kwota spelers.. Sit die beste soan op die veld.. As die swart spelers beter is sit hom in.. Maar moet hom nie insit oor gy swart is nie.. Ons gaan op ons moer kry en dan word die afrigter weg gejaag want hull dink hys kak..  Ok Allister was kak maar seker hy kon darm een game meer gewen het as hy die beste spelers kon kies..

Ek weet nie waar die land oppad is nie. Ek verstaan die mense wat net oppak en gaan na Australia of Engeland.. Fok tot Afganistan klink na n beter opsie... Maar nie almal kan of wil weg gaan nie..
Ek hou van my huis hier... Ek is lief vir my boerboel en ek is mal oor boerewors en biltong.. Ek wil hout gaan haal in my bakkie sodat ek elke naweek kan braai, brandewyn drink terwyl die bokke speel.  Braaibroodjies eet en potjiekos maak elke sondag.. Terwyl ek en my vrou en kinders veilig is..

Wat gaan ons doen Suid Afrika... Hoe gaan ons jou red... Hoe gaan ons vir ons red.. Hoe lank voor die eindig.. Gaan dit?

Ons vir jou... SUID AFRIKA. 

Monday, June 11, 2018

n Nuwe begin

Nuwe begin...

Soms klink dit asof mens nooit dit sal kan doen nie. Om oor te kan begin.. Mens het lief.. Mens het besittings, familie, vriende. Om net oor te begin is nie so maklik nie.

Wat vat jy en wat los jy.. Wie hou jy naby en wie stoot jy weg..? Kan jy die doen.. Jou rug draai op die wat jou afkraak... ? Partykeer is dit juis hulle wie mens so lief het wat jou so afkraak of seermaak..

Wanneer is genoeg.. Genoeg.? Dink daar is tye wat jy moet net besluit om na jouself te kyk.. Op te staan vir jouself... Jou geluk bo die ander te plaas.. Jou bietjie eerste te sit.

Mens probeer altyd almal om jou gelukkig hou. Almal tevrede stel en sit jou gevoelens en benodighede laaste. Dis maar n mens se instink.. Veral as jy lief is vir hulle.. Soms moet mens net aangaan.. Kan nie n dooie plant water gee en dink hy gaan groei nie. Net omdat jy baklei om die esel na die watergat te kry, beteken nie hy gaan drink nie.  Verby is verby... Genoeg is genoeg... Klaar nou...

Die pad na sukses en geluk se hulle is n baie eensame pad... Ek glo dit... Maar ek weet ook dis nie n maklike pad nie.. Niks is maklik in die lewe nie..

Gooi weg daai dooie blare, die vrot appels.. Vergeet van die lasste oap aartappel in die sak..  En begin oor..

Wees lief en laat toe om gelief te word.  Gee als.. Moenie terug hou nie..
Vertrou en wees getrou.. Lag, hard en diep uit jou maag... Kyk elke dag op en besef die lewe is wat jy davan maak.  Loop n draai, ruik die blomme.. Loop op nat gras met jou kaalvoete en staan in die reen. .

Leef nie net nie.. Beleef die lewe.. Elke dag is n seen en maak nie saak wat nie.. Die son sal opkom more..



Tuesday, June 5, 2018

Remember when...

Remenber when ...

Remember when i was young and so were you
And time stood still...
You were my first crush,
We lived and learned, life thew us curves
There was joy, there was hurt
Remember when...

And life was changed, disassembled, rearranged
Gave our hearts, made the start, it was hard
We made love an then you cried,
Remember when we vowed the vows and walked the walk

Remember when old ones died and new were born
We came together, we fell apart
And broke each others hearts

Bring back our love, we will find trust
Vowed to never give up
Remember when time stood still


Tuesday, May 22, 2018

Alleen...

Alleen..

Heldernis die dag daar buite, die son wat in die blou hemel weg smelt,
Die windjie waai sag, n dag wat niks anders as perfek beskryf kan word nie,
Loop in die strate, wat wemel met mens, soos miere wat soek na kos in die veld,
Tussen mense maar steeds alleen...

Die dag staan op n einde, die son word vervang met n helder maan,
Die ligte kom aan, die dorp helder op en die nag lewe begin in volle vaart,
Almal beweeg na hulle verkose watergate, diep in die verligte laan,
Tussen mense maar steeds alleen...

Die klanke van mense, laggend en singend trek deur die nag,
Hoe laer die maan hoe sagter word die gedruis van mense stemme,
Almal beweeg nou huiswaarts, die baljaar is verby en is ook die einde van dir gelag,
Tussen mense maar steeds alleen...

Voetstappe is al wat gehoor word, nou oppad na die huis,
Die pad is nat, die huis is ver en die kou trek deur enige jas, 
Al langs die padjie, nou stil net die wind wat saggies suis,
Niks meer mense en steeds alleen...

Voor n bekende deur, die sleutel wat net ek het in my sak,
Dag was lank, nag was langer en tyd om te rus le voor,
In die kombuis met die yskas oop, al wat vir my kyk is een half lee bak,
Niks meer mense maar steeds alleen...

Voor my is n ysige bed, met komberse en n kussing wat wag vir my,
Om vinnig in te klim gaan nie help nie, die koue agtervolg jou in n japtrap,
Maak toe my oe en hoor net die wind wat deur die bome sny,
Niks meer mense ... Alleen, steeds alleen..

Monday, May 21, 2018

As die reen val in die Kaap..

As die reen val in die Kaap...

Droogte sover jy kan sien..
Swaarkry staan by almal se voordeur en wag..
Dorre grond .. Droe riviere.. Damme van gekraakte grond..
Sonder reen is dit nag...

Beloofde reen waai verby...
Wolke bou op maar dis nie vir die Kaap beskore..
Dis so naby jy kan dit ruik.. Tot die diere kyk al op na die hemele..
Sonder reen is alles verlore...

Drup... Drup... Drup... Val die water..
Grond so hard gebak van die maande lange son en hitte..
Water vloei oor die harde grond.. Die damme wag is spanning...
Kom water kom.. Reguit na die water putte..

So vinnig so dit gekom het.. Is dit nou verby..
Die wolke.. Wind en reen.. Die kosbare reen is val nie meer...
Water loop die strate af.. Grond lyk nat.. Maar is dit genoeg..
Water spaar is op die tafel weer..

Nog reen moet kom.. Die droe land is dors..
Niemand en niks  kan nou n druppel mee mors..
Ons bid o Heer vir U genade en seen...
Asb ons Vader laat dit net nog n bietjie reen..






Thursday, May 17, 2018

Ons nuwe pour by pour.... HKGK

Ou storie maar ek lag steeds....

Dit is die eerste dag van skool.. En Juffrou gee almal n beurt om hulle vakansie stories te vertel. Nou Jannie het n spraak probleem. Hy kan nie F,V of W se nie en dus skip Juffrou hom elke slag. Ou Jannie roep kort kort.... "Jupprou.. Juprrou! My beurt" e En einde laaste gee Juffrou toe maar vir Jannie n kans..

Hy staan voor die klas en begin sy storie. "Jupprou, hier die pakansie was die beste pakansie ooit! Net poor die pakansie koop my pa vir hom n spinterniepe Nissan Sapari pour by pour.. Jupprou hys n pull house, aircon, lee, kragstuurben n groot spaarpiel agter op.. Ons ry toe op pakansie met die niepe pour by pour, my pa was bietie lus vir pispang.. Oppad na die pispang plek, sien ons n kapper met n piets met n pap piel. En my pa lag pir hom.. Nie lank daarna toe kry ons ook n pap piel.

My pa pas glad nie happy nie.. Na n preeslike gesukkel en geploek is ons peer op die pad gepees. Jupprou net so voor poester seil ons oppad die pad so pyptig... Pyp en pyptig toe daar skielik n plakpark met haar pier klein plakparkies poor ons oor die pad. My pa skrik so groot hy ruk aan die stuurpiel en perloor beheer. Jupprou toe gaan dit darm poes in daai bakkie..

Selpone plieg by die pensters uit.. Toe rol ons die pour by pour.. En daar le ons in die pelt, met al pier piele in die lug! En die hele pereld pol pisstokke!

Nou ja passop pir dai plakparke ....

Tuesday, May 15, 2018

Afrikaans my taal..... HKGK

Afrikaans....

..... n Suider Afrika taal, gebore van n Nederlandse taal gebring na die Kaap deur protestant settelaars in die 17de eeu. N offisieele taal van Suid Afrika en word deur om en by 6 miljoen mense gepraat as eerste taal.....

Nou weet ons sommer ook n bietjie meer van ons taal.. Wat my intereseer is dat daar is eintlik woorde in ons taal wat nie kan vertaal word in enige ander taal nie... Glo dit....  Kuier... Braai... Lekker.... Biltong... Bakgat... Koeksusters..... Ek seker daar is nog van hulle..

Ons se goed is net so laf....
.. " die koel is deur die kerk" .. 
.. " dis neusie verby" ..
.." moenie die baba saam met die water uitgooi nie" .
.. " moenie my moer pomp nie"
Ek bedoel wie het al die goed uitgedink..

Ons name is uniek... Ons word geseen met geboorte met name soos Jacoba... Petronella... Cornelia... Ignatuis... En dan nog die bybel name ook... Johannes... Gabriel.... Daniel.......
Ons vanne kom uit die hel soms..... Ottervanger.. Ek bedoel wtf?
Fokkens..... Hogenboezem.... Van Moerkerken... Koekemoer.... Waar kom oms aan die name.. Ek verstaan ons het dit als geerf van ons voor ouers maar wil jy regtig vir my se iemand het opgestaan eendag en gese... " more... Noem my ottervanger" ?

Ons het tot ons dorpe gestraf met name van n ander wereld ...
Nababeep... Springbok.... Pofadder... Tietiesbaai(ek was al daar.. Daar is niks nie)... Tweebuffelsmeteenslagdoodgeskiedfontein.....  Darling... Klein mier nommer een(js die plek bestaan) .. Ogies... Badplaas... Verkeerdevlei.... Hotazel(uitgespreek as hot as hell) .. Koppie-alleen.... Daar is nog baie...

Een ding is seker ons afrikaanse mense het n sin van humor..

So volgende keer as jy jou ouers sien se dankie vir jou name... Wees trots oo dit... Gaan na Nababeep of Ogies  gaan kyk wat daar aangaan..  Gaan suig iets uit jou duim... Maak haar bloed kook want die son trek water en of jy dit wul glo of nie die agter os kom ook in die kraal... Want trou is nie perdekoop nie maar as dit pap reen moet jy skep..

Vinkel en koljander, die een is soos die ander.... Maar niks kom by Afrikaans nie

Trots Afrikaans...

Lewens lesse van onse moeders..... HKGK

Lewens lesse van onse moeders....

Ons moeders het ons n klomp dinge geleer in ons lewens.. Maak nou nie saak wie jy is nie jou ma het jou iets geleer.. Al was dit net om pap te maak... Van kleins af het jy gedink jou ma het "super powers"  jy dink nog jy wil kak aanvang dan skreeu sy hier uit n ander kamer.... " los uit... Ek watch jou..." Ek seker almal het al so deur geloop... Jy het altyd gewonder hoe weet sy als.. Maar as jy nou vandaf waar jy ouer is terug dink, dan besef jy dis eintlik goeie lewens lesse wat sy jou geleer het wat die belangrikste is, en wat jou aan die lewe gehou het..

Ma het ons geleer van geloof:
" .. Jy beter hoop en bid die kol kom uit ander is daar ....."

Ma het ons geleer van stamina:
" jy sal daar sit tot jy als opgeeet het...."

Ma het ons geleer van logika:
" want ek se so, dis hoekom...."

Ma het ons geleer van die medies:
" as jy aanhou jou gesig so trek gaan dit so bly.. Hou op! "

Ma's is regtig slim.. Net as jy dink dis al dan gaan dit aan........

Moeders het ons geleer om altyd te dink aan die toekoms:
Trek heel panties aan jy weet nooit waneer jy in n ongeluk kom nie dan le jy in die hospitaal met n stukkende panty"

Moeders het ons geleer van ironie:
As jy aanhou huil sal ek jou iets gee om oor te huil... "

Moeders het ons geleer van humor:
" as die grassnyer jou vinger afkap gaan jy nie na my kom vinger wys nie, ek het jou gewaarsku... "

Moeders het ons geleer van  "time travel" :
" as jy nie nou jou kak los nie slaan ek jou tot binne volgende week in..."

Moeders het ons geleer van afwagting:
" wag net tot jou pa by die huis kom..."

En die beste les wat onse moeder ons kon leer is die van geregtigheid:
" eendag gaan jou kinders ook so met jou wees... Dan sal jy voel hoe dit is om so behandel te word..."

Moeders wat sal ons sonder hulle wyse woorde en lewens lesse maak...

HKGK



Tuesday, May 8, 2018

Rooikappie... HKGK

Rooikappie... HKGK

Eendag was daar n jong dame met die naam Rooikappie. Syt op die rand van n groot woud gebly waar daar beskermde valke is en rare blomme groei wat seker die eienskappe het om kanker op sy moer te gee as iemand net die moeite wou doen dit te navors...
Rooikappie het met haar versorger gebly, een wat haar kos gee en help met huiswerk.. Sommige mense noem dit hulle moeder... Iemand met n biologiese band..
Eendag het haar moeder haar gevra om n mandjie met organiese vrugte en mineraal water na haar ouma te vat.. Die ouvrou het soos verwag heel aan die ander kant van die woud gebly.. Sover dat Rooikappie gewoonlik n taxi gevat het.. Maar oor die bliksems weer strike moet sy maar loop.. Haar moeder het tot die taxi association gebel om te hoor of die klomp nie op die pad gaan moles maak en Rooikappie dalk geroof of pak gaan kry nie..
Rooikappie het haar moeder gevra of haar broer nie eerder die mandjie kan dra nie..  Maar haar moeder wou niks weet van dit nie en het Rooikappie gese dat sy nie sal diskrimeneer teen haar nie en sy moet haar eie mandjie dra... Al jare baklei die vrou om "equal rights" te verkry.. Sy gaan nie toelaat dat Rooikappie haar naam gat maak om haar broer te vra nie..
Rooikappie het haar moeder ook gevra of dit nie ouma sal moerig maak as sy daar aankom met vrugte en water nie, ouma is maar n trotse ouvrou en pluk haar eie vrugte . En dan is sy nog vol kak ook wabt sy eet nie als nie en hou nie van gaswater nie.. Haar moeder het haar gerus gestel dat ouma haar nie sal bliksem nie maar eintlik lankal wag om met haar te gesels oor die een boyfriend wat al haar chocolates gesteel het met hulle vorige besoek...

En so trek Rooikappie haar crocs aan en sys vat die pad na ouma ..

Baie mense was bang om die pad na ouma te stap maar Rooikappie was bang vir niks want sy het haar pepper spray in haar mandjie asook n pakkie vuurhoudjies as sy dalk n dagga boom loop wat geoes kan word.. En om beroof te word het haar ook nie gepla nie want watse blerrie skelm sal nou vrugte steel...
Oppad het Rooikappie verby die houtkapper gestap.  Hy het gestaan en aan die blomme geruik wat die hele woud vol in bloesem was..
Nie baie lank daar na nie het Rooikappie net weer op die pad gekom na sy moes in die bos gaan om haar te gaan verlos van al die koffie wat sy vanoggend gedrink het. Sy het net weer besig sing toe sy haar amoer dood skrik en vir wolf voor haar gewaar.. Dankbaar sy het haar blaas nou net leeg gemaak net voor die skrik...
Wolf vra haar wat sy in die mandjie het..Rooikappie se pa het haar geleer om nie met vreemdelinge te praat nie maar soos enige tiener dogter vee sy haar gat af aan die raad en begin met wolf praat..
Sy se toe vir wolf sy vat vir haar ouma bietjie vrugte en water aangesien die ouvrou bietjie sleg voel en hulle die vorige dag gewhatsapp het en gese het dat sy dink een of ander kiem het haar onder gekry. Wolf se toe vir haar dat dit nie veilig is vir so jong meisie om alleen deur die woud te loop nie.. Want daar is nie oral sein ook nie. Rooikappie het hom gese sy het haar pepper spray en dat sy ook n pers beld in karate het so sy voel vertroud in haar vermoe om iemand goed te moer as hulle sou wou kak maak.. En daar stap sy aan.

Wolf het aardrykskunde gehad op skool en het n taak gehad oor die woud so hy het n kort pad geken wat nie op Rooikappie se gps is nie, en hy ook val in die pad..
Soos gedink kom hy voor Rooikappie by ouma se huis aan en na n moerse gesukkel vreet hy vir ouma met haar pajamas en al op.. Het hom n tydjie gevat want die ouvrou was nogal taai van die ouderdom maar kom in tyd klaar om n stel van ouma se nuwe pajamas aante trek en in die bed te klim voor Rooikappie daaraan kom..

Rooikappie bars by die deur in en hardloop direk na die yskas vir n coke.. Als terwl sy vir ouma vertel dar sy haar organiese vrugte en mineraal water gebring het..
Wolf probeer is sy beste ouma stem praat en se... " kom nader my kind ek kan jou nie sien daar by die yskas nie"
Rooikappie skrik haar melk weg toe sy ouma sien en vra... Hoekom is ouma se oe so blerrie groot...
Wolf se toe weer is sy beste ouma stem... Het jy dan vergeet ek kan nie n woord sien nie.. My oe is groot sodat ek kan sien of jy my biltong steel..
En hoeko is ouma se neus so groot.. Vra Rooikappie... En "ouma" vertel haar n moerse lang boring storie van die neus wat oorerflik is en dat sy dit al wou regmaak met plastics surgery maar oupa was te bliksems suinig gewees..
En ouma hoeko het jy sulke moerse tande... Vra rooikappie weer...
Wolf net nie meer lus vir al die kak vrae gehad nie en spring uit die bed en gryp vir Rooikappie aan haar rooi K-way jas... Hy maak sy bek so groot oop Rooikappie ouma binne sy bek af sien met slipper en all..
Net toe bars die houtkapper in en en hardloop nader om hulle te help.. Hy gooi sy blomme wat hy gepluk het net daar op die vloer neer...
Hy gryp vir Rooikappie uit die wolf se kloue en moer vir wolf met sy vuis onder sy bek...

Met die neerval van wolf spoeg hy ouma uit dat sy eintlik so gly by die gang af van al die spoeg.. Lyk skoon soos n pasgebore baba...

Rooikappie en die houtkapper vat vir wolf en maak hom vas aan die boom terwyl ouma 911 bel en die polisie ontbied..

Polisie ariveer om wolf te kom vat vir poging tot moord en public indesincy en dit net oor hy die ouvrou se klere gedra het..
Wolf het lang jare gesit ouma het n haar daarna gedood van vigs want sy kon nie ophou rondslaap nie.. Rooikappie en houtkapper het getrou en hulle bly erens in die stad want houdkapper kom nie regtig regkom met die houtkappery nie..

Moeder bly nog in haar huis aan die ander kant van die woestyn syt nou n organiese plaas en boer met mangos..

Kan jy nou meer ... HKGK






Monday, May 7, 2018

Brief aan my seun

Brief aan my seun..

Een van die mooiste dae in enige man se lewe is die geboorte dag van sy seun.. Dis een van daai dae wat jy n sigaar opsteek, n 21 jaar oue bottel whiskey oopmaak, oupa se oudste bottel wyn uithaal en met n paar goeie maat te gaan sit en vertel van die sterk seun se toekoms.. Jy weet sommer wat hy gaan wees eendag as hy groot is. Natuurlik net die beste vir hom... Hyt nog nie eers n doek aan nie dat word die rugbybal al vir hom gegee om vas te hou.. Fotos geneem... Gestuur aan familie en vriende wat jy in jare nie meer gesels het nie.. Net om almal te se... My seun is vandag gebore...

Aan my seun

Baie jare is al verby.. Klein en weerloos is jy lankal nie meer nie.. Van daai klein bonneltjie het jy gegroei.. Ampet so groot soos ek al. Vir jou was die wereld belowe toe jy gebore was, net die beste. Daai wereld het so verander van daai eerste dag wat ek jou kon vashou. Baie het so verander. My liefde en trots vir jou het nooit. Meer as daai eerste dag het ek jou lief, al was ek nie daar altyd nie.. Besef die keuse was nie altyd myne.. Maar elke dag is jy in my gedagtes en elke dag bid ek vir jou, vir jou my seun dat jy eendag n beter man sal wees as jou pa.. Harder sal baklei as wat ek seker gedoen het en groter tree te gee na wat jy so graag wil he.
Die mooiste woorde is om te hoor " love you pappa" en die swaarste is om te groet en te hoor " i miss you". Elke sekonde saam met jou is so kosbaar.
My naam dra jy ook, nes ek jou oupa en hy sy pa sin.. Wees trots op dit, ons is op jou. Elke man van die familie kyk na jou en is trots op hoe mooi jy geword het.
Dinge gaan nie altyd maklik wees nie, jy gaan besluite moet neem eendag, keuses moet maak. Weet ek is daar vir jou, soveel ek kan wees..  Wees die man wat ek nie kon.. Lief met jou hele hart... Gee om met als wat jy van gemaak is... Baklei vir wat jy in glo... Deel jou onverdeelde liefde.... En laat toe dat jy ook so gelieft word... Byt vas... Hou aan... Werk hard...moet nooit opgee op jou drome... Vertrou.... En glo in ons Vader daar bo... Wees vriendelik... Moenie neer kyk op ander... Gee om vir die wat nie het nie... Wees dankbaar vir wat jy het en moet nooit vergeet van waar jy verdaan kom nie.. Moet nooit vergeet wat sommige moes opgee om vir jou hier te kom he nie, veilig te kom wees nie en besorg kon word nie.. Besef jy is nie beter as ander, jy bepaal jou eie toekoms, werk vir dit.. Moet nie opgee, moet nooit dat iemand se jy kan nie.. Jou van is n bewys dat jy kan... Jy kan als doen  moet net nie ophou werk daaraan nie.
Nie rugby, of spiere of jou grote maak jou n man nie.. Jou hart is wat jou n man maak.. Gee om en wees nederig.. Jy is jou eie mens.. Bou aan jou en kies regte mense om jou te help.
Jou pa is die trotste mens in die wereld en is geeerd om te kan se jys my seun.. My liefde vir jou sal altyd daar wees.. Ek sal altyd daar wees, miskien nie in vlees maar diep in jou hart..
Lief jou met my hele hart....

Jou Pa..


Pa en dogter .. Pa en seun.. Die band sal altyd daar wees.

Sommige dae vergeet n mens nooit nie. Sommige mense.. Familie of nie.. Vergeet n mens nooit.. Dit wat gedoen is en wat hulle moes deurgaan om jou n goeie lewe te gee..

Wees lief vir mekaar.. Asof dit die laaste dag is.. Werk asof dit die laaste dag is.. Moet nooit ophou nie.. Maak nie saak wat jy teen moet staan nie.. Byt vas.. Druk deur... Hou aan lief he...




Wednesday, May 2, 2018

Poep..... HKGK

Seker die snaakste maar ook die ongemaklikste geluid in die wereld.... HKGK

Almal het al iets te se oor daai woord... Party mense kan nie eers dai woord se nie.. En gebruik woordjies soos .. "windjie".. "kompressie"... Maar min kan net se poep.. Dis so mooi afrikaanse woord... Soos "blommetjie" .... "franopanie" ... "tremmer"... En so ook "poep" .

Maar soos julle weet is dit n baie meer komplekse geval as net n "windjie". Soveel is gese oor dit... Soveel aanhaalings is gemaak...
" die betekenis van liefde is om nie meer jou poep in te hoef hou nie"
" dai oomblik wat jy dink jy gaan n sagte een los en dit kom uit soos n majien geweer"
" liefde is soos n poep... As jy dit moet forseer eindig jy altyd met n bol kak"
En dan die beste een wat ek al gehoor het... " vrouens poep nie, hulle blaas net klein bollentjie blinkertjies wat soos feetjies klink wat sing as dit uitkom" ..
Maar soos vroeer genoem is dit baie meer as net n poep... Daar is verskillendes.. Luister hierna.....
Die Eva poep:  word gelos net deur vroue. Hulle kan dit nie ruik of hoor nie... Dink dis feetjies wat sing maar eintlik girls. .. Is dit net n poep..
Die popcorn poep: kom uit hard met n aanhoudende geklap... Eintlik verskriklik.
Die blank poep: kom uit met n moerse geraas maar dis dit... Niks reuk boggerol..
Die Bom poep : gewoonlik na n aand van kuier... En moerse klap.. Dodelik!
Die sluipmoordenaar : sag.. Kruip stadig by jou broekspyp uit.... Met n 9mm
Die "balloon animal" : klink nie eers menslik nie.. Jy skrik van die geluid, al was dit jy self wat gepoep het...
Die lagende poep: kom onverwags uit as jy lag of nies.. Niemand kan hom keer nie.
En dan natuurlik die laaste een...
Die "overachiever" :  die een wat jy wil saggies los en op die einde in jou broek kak...

Mense so volgende keer as jy n windjie los.. Of die engele begin sing of van ons net plein poep... Dink net aan dit... N poep is nie net n poep nie... Dis n hele storie... HKGK

Groetnis

Tuesday, May 1, 2018

Ware liefde?...... HKGK

Is daar iets soos ware liefde?.... HKGK

My mense het my mooi geleer... Ware liefde kry jy net in die movies... Tom loop verby n kafee en sien Saartjie by n tafel sit... Hy loop en en se vir haar... " hey baby... Kom ons date... Jys hot.." en Saartjie se aan hom " ok dit kwaai... Waar gaan ons..." Kak Tom.... Dit werk nie so nie.. In vandag se lewe sal Saartjie jou bliksem en as jy regtig hans was jou sommer gaan aangee by die polisie vir sexual harassment ... 

Ander dag loop ek agter n paartjie uit PNP. Hulle loop hand aan hand... Lag en gesels.. Nog jonk... Ek dog toe hulle is regtig lief vir mekaar..  My woorde was skaars koud toe loop daar n lang man verby die paartjie en dai girl se kop draai amper af soos sy die ou agter na kyk...  Is dit steeds ware liefde...?

Rustig gaan mens uit saam met jou beter helfde en selfs daar le ander mans aan by jou vrou... Pragtig is sy en trots is ek.. So dis n kompliment as ander mans dink jou vrou is mooi... Maar wat is dit as jou vrou dink ander mans is hot? 

Is dit reg om rond te kyk.. Kyk al die akteurs in Amerika... Hulle almal het sulke mooi vrouens... Maar helfde van hulle loop rond... Dink die gras is groener aan die ander kant... Die gras is groener aan die ander kant... Dis van al die kak van dai ander vrou wat dai gras so groen is.. Jou gras is nie groen nie want jy gee dit nie water nie..  Doen moeite FFS... Niks kom verniet ..  Jy moet werk daarvoor..

  • Sulke mense weet mos nie wat is ware liefde nie.. Sulke mense moet nie eers nog n kans kry nie.. Waar kan mens nog gaan met jou vrou... Meisie sonder dat n ander man of vrou nie jou ander helfde wil spyker nie.. Is dit ware liefde....?  Ek weet nie... Maar wat is ware liefde dan... Bestaan dit.. Is daar regtig mense wat dit het en beleef... 

Ek se julle wat ek dink ware liefde is.... Ware liefde is ouma en oupa wat loop in die winkel en nog hande vashou... Dis man en vrou wat saam bid voor n ete maak nie saak waar jy is nie... Dis n paartjie wat by n plek inloop en heel aand saam kuier en as hulle daar wegloop net vir mekaar nog oe het en almal wat daar saam hulle was weet en kon sien dat hulle mekaar lief het... Ware liefde is daai hand op die been in die kar... Die vryf van die hare die ligte tikkie op haar gat as sy verby jou loop. . Die soen op die voorkop ek byt op die lip... Ware liefde is as jy na n lang dag by die huis kom en mamma staan in die kombuis jy nog na haar kan loop en haar op haar gat slaan en se... " die is my ass"

Vir almal is ware liefde seker iets anders.. Betekennis as ook hoe dit gewys word.. Al wat ek weet as jy dit het... Hou dit vas... Hou dit styf was... Moet nooit jou man lis of honger die huis laat verlaat nie... Want iewers da buite is daar n slet met n braaibroodjie..

Groetnis

Monday, April 30, 2018

Terroriste..... HKGK

HKGK.... Terroriste

Sit al lank en dink aan ons vriendelike vriende van die ander kant van die wereld.. Hulle moet sulke ongelukkige spul bliksems wees..  Maar dis net dit wat toe my laat dink het....

Hulle kom van lande wat in hulle moer is.. Wat hulle self opgebogger het, en dan kom hulle na gevorderde lande soos die VSA of Australie of Engeland ens en wil hulle dan daar bly want dis veiliger.. Dis nie lank nie dan moan die klomp fokkers oor hulle nie tevrede is nie wat hulle wil hul nuwe tuis lande verander soos hulle ou lande... Fok dan terug na waar julle vandaan kom!

Maar steeds dink ek dit gaan oor hulle nie gelukkig is nie.. Ek bedoel n gelukkige mens hijack nie n vliegtuig en vlieg jouself en ander mense in hulle moer teen n gebou nie.. Jy moet n sad sad mens wees om so iets te kan doen. Met niks wat jou aan die lewe wil hou nie.. Nou dink ek aan redes hoeko hulle so ongelukkig kan wees.. Wat kan n mens dryf om in n mark in loop met dinamiet aan jou vasgestrap en dan jou en onskuldige mense in stukkies te blaas.. Dink jy regtig daar is n paar meisies wat vir jou wag na jy dit gedoen het? Dit alleen is n sad storie julle klomp gullable poepholle..

Maar die redes hoekom ek kan dink hiekom hulle so sad is.. Wat hulle kan dryf om sulke kak aan te jaag

  • Geen kersfees
  • Geen tv of sport nie
  • Geen kaalvrouens
  • Geen varktjops
  • Geen bier of Brannas nie
  • Geen hamburgers 
  • Geen bacon 
  • Geen bier
Maar dis nie al nie dit raak nog kakker...

  • Jy dra n rok met n lap as n hoed
  • Elke oggend word jy wakker gemaak deur n man wat skreeu oor n microfoon uit n toring wat klink of iemand hom slag
  • Jy kan nie jou eie vrou kies nie
  • Dan kry jy nog meer as een vrou.. En dit beteken meer as een skoonma
  • Jy mag nie skeer nie maar erger... 
  • Jou vrou mag ook nie skeer nie
  • Jy moet jou kos maak deur kameel kak te gebruik as charcoal... 
  • Jou vrou ruik soos kameel kak
En dan se hulle as sal beter raak sodra hulle dood gaan....
Wel ek foken hoop so wat dit kan waaragtig nie eger gaan nie ... Kan dit

Groetnis


Sunday, April 29, 2018

Vrede... Liefde en HKGK

Vrede, liefde en hoop...

Hoeveel keer sien jy nie die woorde erens staan nie.. Altyd saam.. Almal stal dit uit en glo elke soperige woord daarvan...

VREDE.   Is daar regtig so iets.. Vrede...? In elke land die wereld vol is daar kak..  Die een gun die ander niks nie, almal probeer die ander te na kom.. As dit nie gaan oor ras nie dan is dit oor iets anders.. Daars sommer kak oor die een harder werk as die ander.. En nie bietjie nie.. Groot kak.. Moor mekaar... Verkrag die vrouens.. Bom n mark... Hijack n vliegtuig en bliksem in geboue vas.. As jy nie die ander een se vrou spyker nie dan spyker hy jou vrou... As jy nie perform nie dan word jy vinnig ingeruil en skielik sit jy met net mooi sweet blou fokol... En dit oor die hele wereld nie die ander iets gun nie... VREDE.   wat se vrede .. Nie hier nie.. N droom miskien nie n werklikheid nie.

HOOP....  Is daar regtig hoop.. Gaan almal net skielik eendag besluit om op te hou om die ander te na te kom.. Gaan jy skielik net ophou jou tjommie se vrou spyker.. Dink jy hulle gaan ophou plekke bom... Sorry prinses ek dink nie so niemm ek dink dit gaan net erger word.. Selfs die mense wat ons moet beskerm is in hulle moer.. As hulle nie korupt is nie is hulle so obese hulle kani in en uit n "van" klim om n skelm te vang nie.. Die skelm hardloop nie eers meer nie hulle loop weg van die vet fokkers wat net kfc vreet en die polisie voertuie gebruik om te trek of om hulle mammas rond te ry... Plaasmoorde raak net meer.. Diefstal .. Korupsie... Ons eie regeerders van die land steel ... Nou vra ek julle... Watse hoop..... Hoop ons foken maak dit ja...

LIEFDE...  liefde.... Wat kan n mens se oor dit... Ek hoor eendag n kind n rympie op se oor liefde... Dit gaan so... " liefde is n gevoel wat jy voel as jy voel jy voel n gevoel wat jy nog nooit gevoel het nie"  Huh? Het ek ook gese.. Maar dis net dit.. Niemand verstaan dit nie. Eendag sit jy in die wolke met n vrou aan jou sy wat jy dink sal by jou wees tot waar jy die emmer skop en binne 5 min.. Moer toe.. Niks meer nie... Fokoli.. Nada... Zip... Boggerol.. Stoksiel alleen op n saterdag aan... Soos ons eie David Kramer sou se... Wees lief vir jou naaste... Love thy neighbor se die grootboek... Kak pappie.. Hou hom dop ja... Die bliksem is die eerste een wat jou vrou kom spyker of kom inbreek en jou nuwe "flat screen" kom steel.. Tot familie maak mekaar dood deesdae ... Geld ... Vrouens... Aardse goed...

Vrede... Hoop... Liefde.... Of Liefde... Vrede .. Hoop.. Al die is seker net in die "eyes of the beholder"

Maar cheer up .. Want HKGK... Jys nog hier .. Kyk rond en kyk na julle self en julle vrouens..... Want jou kak is gebook jy weet net nie wanneer nie....

Groetnis


Monday, April 23, 2018

Torre... HKGK

Torre wat afval as dit reen..
Die Kaap is besig om deur n droogte te gaan, so elke druppel wat val is ons almal dankbaar voor. Ek is seker ons is gatvol om te bad in n kommetjie soos die ou gevangenisse en dan nog daai selfde badwater te gebruik om die toilet te spoel..... MAAR....
Met al die aardsvoedende water is daar ook iets wat my bitter omkrap.. Miskien is omkrap nie die regte woord nie, maar verbaas is nie so kragtig nie.. So miskien moet ek se as dit reen dan val almal se torre af...
Daar was al vir my gese ek het n unike verbeelding maar luister na my storie..
Elke dag beweeg almal in die oggend van hulle tuiste na waar hulle moet geld verdien vir hulle families om te kan voortbestaan. En so noodgedwonge beweeg al daai selfde pliggetroue mense weer in die middag van hul werks plek na hulle wonderlike families wat vir hulle by die huis wag.. Elke dag selfde storie... Tot dit reen.. Dan is dit asof al ons geleerde en ongeleerde mense en dan natuurlik die taxi drywers bos gaan..
Ek glo... Elke mens het n tor in sy kop... Hy sit mooi op n dwars stokkie en hy staan en trek die toue.. Elke tou het n doel.. Trek die een dan beweeg jy regs.. Trek daai een dan buk jy.. Pluk n hele paar dan poep jy ens ens.. Dis hoe die moeilikheid kom van dronk wees.. Want sodra jy alkohol begin inneem dan raak ons tor gesellig met alkohol en die twee raak vriende.. Hoe meer jy drink hoe meer vertrou jou tor vir alkohol.. Een of ander tyd raak hulle maats.. Soos almal weet as jy alhohol inneem maak jy vriende met die weirdste mense.... So tor en alkohol sit albei nou op die stokkie en tor maak die fout om te se.. " trek jy maar n toutjie" en net daar begin al die wiel nie meer draai nie.. Alkohol weet nie watse tou om te trek en nog minder wanneer nie.. Dis hoekom dronk mense so rondval en nie lekker kan gesels nie.. Want die tor is nie meer in beheer nie.. Hy sit suip terwyl alkohol die toue trek... Selfde met dwelms.. As dagga en tik kom kuier en die toue begin trek is dit altyd n fokwapi...
Nou dieselfde gebeur met die mense in die kaap as dit reen.. Al verskil is niemand kom kuier vir tor en vat die toue oor nie.. Dit raak nat da binne by tor... Hy gly.. En hy gly af.. Al die toue hang los en skielik kan 99% van alle drywers in die kaap nie bestuur nie.. Almal ry vinniger.. Niemand sit hul ligte aan nie.. Die een ry in die ander een se gat vas.. Daai een kan nie sien die robot is rooi nie en maak almal se trippie huis toe nog n uur langer want hy tref n taxi en 32 mense klim daar uit.. Hoog die moer in.. Nou sop nat en en daar moer hulle torre ook af.. Nou loop almal die hele pad vol en skree.... Heeeee.. Haaaaaww.. Voor karre in, hardloop die pad vol op soek na die een en daai een.. Een kry so koud, hy haal een band af om vuur aan te steek om warm te word...
8 uur kom almal tuis.. Beskuldig mekaar... Niemand kan bestuur nie.. Niemand kan eers regtig verstaan wat gebeur het nie.
HKGK.... As die torre begin maats maak of af val...